Jan-van-wyk-logo

 

 

So we have the prophetic word made more sure, to which you do well to pay attention as to a lamp shining

in a dark place, until the day dawns and the morning star arises in your hearts (2 Pet 1:19)

GELOOFSVERKLARING

WAT ONS GLO

  • ONS GLO in God die ewige, drie-enige, almagtige Skepper, Onderhouer en Heerser van die hele skepping. 

  • ONS GLO in God die Vader, die outeur van die skepping en verlossing. 

  • ONS GLO in Jesus Christus die enigste Seun van God die Vader, ware God wat ter wille van die mensdom en sy redding uit die hemel neergedaal en vlees geword het; wat deur die Heilige Gees ontvang is en deur die maagd Maria gebore is; wat op aarde gelewe het en gekruisig is, gesterf en begrawe is, wat uit die dood opgestaan ​​het en opgevaar het na die hemel waar Hy sit aan die regterhand van die Vader. 

  • ONS GLO in die Heilige Gees, ware God wat uitgaan van die Vader en die Seun, wat die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel en ons lei in alle waarheid.

  • ONS GLO dat die Bybel die woord van God is, geskryf deur mense soos die Heilige Gees hulle geïnspireer het. Ons glo dat dit met gesag die wil van God verkondig en ons alles leer wat nodig is vir redding.

  • ONS GLO dat alle mense na die beeld van God geskape is; as gevolg van hulle sondige rebellie word hierdie beeld geskend, en dat almal voor God gesondig het en dit is die wil van God dat alle mense verlossing moet ontvang deur geloof in Jesus Christus.

  • ONS GLO in die doop met die Heilige Gees met die aanvanklike bewys van spreek in tale soos belowe aan alle gelowiges. Ons glo in die manifestasie van die gawes en vrugte van die Gees in die lewe van 'n Christen. Ons glo dat 'n Christen 'n dissipel van Jesus Christus moet wees wat 'n toegewyde en heilige lewe lei.

  • ONS GLO dat Jesus Christus die Hoof van die Kerk is wat deur die Heilige Gees saamgestel is en uit alle wedergebore gelowiges bestaan. Die Kerk is verantwoordelik vir die verkondiging en demonstrasie van die evangelie en God se wil aan alle mense. As 'n gelowige gemeenskap verkeer hulle met mekaar en bou hulle mekaar op.

  • ONS GLO dat die gelowige se doop deur onderdompeling en die nagmaal deur Jesus Christus ingestel is om deur die Kerk onderhou te word.

  • ONS GLO dat Jesus Christus op die tyd deur God bepaal, sal kom om sy Kerk weg te neem.

  • ONS GLO in 'n dag van oordeel wanneer Jesus Christus die lewendes en die dooies sal oordeel. Ons glo in die opstanding van die liggaam en die ewige lewe vir die regverdiges en die ewige straf vir die goddelose. Ons glo in die nuwe hemel en die nuwe aarde waar God in heerlikheid sal heers.

DIE BELANGRIKHERID VAN DOKTRINE

Elke Christen moet weet wat hy/sy glo en waarom

Christus het baie klem op doktrine gelê:


Hy het die mense deur doktrines geleer, en ons moet dieselfde doen. Dit is duidelik dat doktrine nie vir Christus onbelangrik was nie, soos sommige vandag wil beweer. Trouens, hoe meer mense van die Skrif afwyk, hoe minder hou hulle daarvan om leerstellings te hoor soos dit op die gedrukte bladsye van die Bybel geleer of van die kansel af verkondig word nie. Hier onder is verwysings oor Christus se leerstellings ... of lering aan die mense destyds en dit hou nog verband met ons vandag.
 
Matt. 7:28 “En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer."
Matt. 16:12 “Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs.”
Matt 22:33 “En toe die skare dit hoor, was hulle verslae oor sy leer.”
Markus 1:27 “En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is? ”
Mark 4:2 “En Hy het hulle baie dinge geleer deur gelykenisse en vir hulle in sy lering gesê...”
Markus 11:18 “En die skrifgeleerdes en die owerpriesters het dit gehoor en gesoek hoe hulle Hom kon ombring; want hulle was bang vir Hom, omdat die hele skare verslae was oor sy leer.”
Lukas 4:32 “En hulle was verslae oor sy leer, want sy woord was met gesag.”
(Sien ook Markus 12:38; Johannes 7:16-17; en Johannes 18:19.).
 
Moses se lied sluit die skoonheid van leering in: Laat my leer drup soos die reën, my woord vloei soos die dou, soos reëndruppels op die grasspruitjies en soos reënbuie op die plante (Deut 32:2).

VOLGENS DIE WOORD

Ons begeerte is om  Bybelgefundeerde gesonde Doktrines aan te bied en te leer

Dit is ons begeerte om die Evangelie van Jesus Christus in die duidelikste terme aan te bied en om die belangrike doktrines van die Bybel te leer as die enigste redelike en voldoende manier vir mense om verlossing vir hulle siele te verkry.
“Nou nog eens: voordat jy vrede tot jou hart kan spreek, moet jy nie net oortuig wees van jou werklike en oorspronklike sonde nie, die sondes van jou self-geregtigheid en die sonde van ongeloof nie, maar jy moet in staat gestel word om die volmaakte geregtigheid vas te gryp, die algenoegsame geregtigheid van die Here Jesus Christus; julle moet deur geloof die geregtigheid van Jesus Christus vas gryp, en dan sal julle vrede hê."
George Whitfield, The Method of Grace - (vertaling my eie). 
 

Contact Form:

Contact Form

Contact us:

Tel and address detail:

JVW Ministries
55 Beefwood Crescent
Jeffreys Bay
6330

Mobile:+27 82 893 7053

Office: +27  (0)42 296 0175 
Email:  admin@jvwministries.co.za  info@nikosministry.co.za

OK / Close