Jan-van-wyk-logo

 

 

So we have the prophetic word made more sure, to which you do well to pay attention as to a lamp shining

in a dark place, until the day dawns and the morning star arises in your hearts (2 Pet 1:19)

slide-bybelvrae-copy
slide-bybelvrae-copy
slide-bybelvrae-copy

WELKOM

Oorspronklik gestig deur Dr Jan van Wyk in 2003 as Nikos Eindtydbediening, 'n inter-kerklike reisende evangelisasie en leringsbediening, het die Corona Virus-pandemie en nasionale inperkings van 2020, alle verdere reise, nasionaal en internasionaal, onmoontlik gemaak. Tydens die inperking het die Heilige Gees ons gelui om deur middel van sosiale media mense te bedien, waarvoor ons dankbaar is. Later, en na ernstige gebed, het die Here vir my en my eggenote, Marietha, gelei om die bediening se naam na - JVW MINISTRIES te verander. Danksy sosiale media het ons 'n nuwe manier gehad om mense met God se woord te bereik en te bedien. Ons loof God dat Hy ons in hierdie nuwe area van bediening gelei het. Ons sal jou op hoogte hou namate hierdie metodes geleidelik aangewend word en hoe jy daarby betrokke kan raak. 

welcome

Originally founded by Dr Jan van Wyk in 2003 as Nikos End Time Ministry, a cross-denominational traveling evangelistic/teaching ministry, the Corona Virus pandemic and national lockdown of 2020, limited travelling nationally and internationally. During the lockdown the Holy Spirit led us to reach others via social media, for which we are thankful. Later and after serious prayer, my wife, Marietha, and I, felt led by the Lord to rename our ministry. It was then that we changed the name to JVW MINISTRIES.  Thanks to social media we had a new way of reaching others - and we praise God for leading and guiding us into this new area of ministry. We will keep you updated as these methods are progressively employed and how you can get involved.    

favourite-ad-copy-2

OGGEND OORDENKINGS EN BYBELVRAE

ONTVANG OORDENKINGS EN BYBELVRAE ANTWOORDE OP JOU FOON

Elke oggend stuur Dr Jan 'n bemoedigende, tog uitdagende, oordenking per "Stem nota" via whatsapp boodskap aan luisteraars. Daarbenewens bied hy luisteraars ook die geleentheid om enige Bybelvrae wat hulle mag hê, aan hom te stuur wat hy dan soos tyd toelaat, beantwoord. Neem kennis dat alle vrae Bybel verwant moet wees. Dit moet ook nie gaan oor persoonlike vetes met ander gelowiges nie. Kerk genootskappe sal nie teen mekaar afgespeel word nie. Dr Jan antwoord die vrae op grond van sy verstaan van die Bybel en sal geensins in enige debat of twis betrokke raak nie. Om deel te neem en elke oggend die OORDENKING te ontvang, voltooi die vorm hier langsaan.

 

HET JY 'N BYBEL VRAAG

Stuur dit per epos aan admin@jvwministries.co.za 

Ok-om-te-vra-vir-web-copy

Jy kan Dr jan se antwoorde op vorige vrae luister deur hier te klik

ONTMOET DR JAN EN MARIETHA

Dr Jan en Marietha van Wyk

Ons-webpage

Jan was van ‘n jong ouderdom bewus van God se roeping op sy lewe en nadat hy in 1977 sy teologiese opleing by die Volle Evangelie Kerk van God in SA voltooi, betree hy die voltydse bediening. Hy bedien sewe plaaslike gemeentes as presiderende leraar en in die tyd  registreer hy as student by die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van SA (UNISA). Na voltooiing van sy studies word die graad Doktor in Teologie (D.Th)  aan hom toegeken. In 2003 het God Jan belas met die taak om die naderende wederkoms van Koning Jesus wêldwyd te beklemtoon en dit het uiteindelik gelei tot die bediening wat vandag bekendstaan as JVW MINISTRIES.

Dr Jan en Marietha woon in Jeffreysbaai en dit is van hier dat hulle dmv sosiale media mense oor die wêreld met God se woord bedien.

ONS DOEL

Om die Evangelie van Jesus Christus oor die wêreld te verkondig

Ons doel is om Christus Jesus aan die mensdom bekend te stel deur middel van Sosiale Media. Ons mag dalk nie by elkeen pesroonlik kan uitkom nie, maar die Heilige Gees is die dra Krag van God se Woord en sal dit suksesvolmaak waartoe Hy dit ookal stuur.  Ons wil graag:

  • Mense help om hulle doel in hierdie lewe te vind.
  • God  deur gehoorsaamheid aan Sy woord en opdragte te verheerlik en in gees en waarheid te dien..
  • Dit doen deur die realisering en toepassing van die Skrif in ons lewens deur die Heilige Gees
  • Vir alle mense bid en hulle lief hê soos God ons liefhet. 
  • Die Groot Opdrag van Jesus gehoorsaam en uitvoer deur die Evangelie te verkondig en dissipels te maak. 

VOLTOOI OM OGGEND OORDENKING TE ONTVANG

DIE SIEKEBOEG

Indien jy siek is - en gebed verlang - stuur jou naam aan ons by 082 893 7053

Siek-pasient-copy

Contact Form:

Contact Form

Contact us:

Tel and address detail:

JVW Ministries
55 Beefwood Crescent
Jeffreys Bay
6330

Mobile:+27 82 893 7053

Office: +27  (0)42 296 0175 
Email:  admin@jvwministries.co.za  info@nikosministry.co.za

OK / Close